Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profileg
Netwerk24 Sport

@Netwerk24Sport

Volg ons om al die jongste sportnuus van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport te kry. Besoek ons webtuiste by: http://t.co/Bvygm7JMB9

ID:252067890

linkhttp://www.facebook.com/netwerk24 calendar_today14-02-2011 12:26:22

76,3K Tweets

8,5K Followers

813 Following

Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Siviwe Soyizwapi, vorige kaptein van die Blitsbokke, kan vroeg volgende maand sy terugkeer tot die nasionale sewesspan maak ná agt maande op die krukkelys.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Ryan Garcia gaan Saterdag ’n lelike drag slae kry wanneer hy teen Devin Haney boks, voorspel Regis Prograis.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die afgewaterde span waarmee die Bulle in Engeland opgedaag het vir Saterdagaand se uitklopstryd teen die Northampton Saints, het ’n warm diskoers in rugbykringe afgegee.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Marvelous Mashimbyi, wat vanjaar ’n uitblinker vir die NWU-Arende in die Varsitybeker-reeks was, het ’n nuwe rugbytuiste by die Pumas gevind.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die Walliese haker Ken Owens, wat die laaste paar jaar las van rugprobleme gehad het, het Woensdag sy uittrede uit rugby aangekondig.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die voormalige Engelse en Britse en Ierse Leeus-slot Geoff Parling keer terug na die Wallabies en is die laaste lid van die nuwe breier, Joe Schmidt, se klein afrigtingspan.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Akani Simbine het sommer vroeg op die eerste dag van die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe ’n stelling gemaak toe hy die uitdunne van die 100 m in 10.07 sekondes in die Msunduzi-atletiekstadion in Pietermaritzburg kafgedraf het.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Nou, 15 jaar nadat hy uitgetree het, het die ikoniese doelskieter besluit om na die sokkerveld terug te keer en as ’n speler saam met America uit te draf.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Rafael Nadal sê die Franse Ope in Mei en Junie sal die oomblik wees om op die baan “alles te gee en te sterf” nadat sy terugkeer van ’n besering Woensdag deur Alex de Minaur in die Barcelona-Ope kortgeknip is.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die hoof van die Internasionale Fietsry-unie (UCI) sê Wêreldatletiek se besluit om Olimpiese gouemedaljewenners in Parys met prysgeld te beloon is teen die gees van die Spele en verraai die solidariteit onder internasionale sportbeheerliggame.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Meg Lanning, voormalige kaptein van Australië, sê ’n ongesonde “obsessie” met kos en oefening het op 31-jarige ouderdom tot haar skielike uittrede uit internasionale krieket gelei.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Laura Wolvaardt het Woensdag onderstreep dat sy ’n meesterlike krieketspeler is deur die hoogste telling tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaanse vrou in ’n eendagwedstryd aan te teken.

netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die Haaie kan Vrydagaand ’n paar staatmakers ’n welverdiende blaaskans gee teen die Glasgow Warriors, maar om hul wenmomentum te behou, bly ’n prioriteit.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Hy sal sy laagvatte nou nóg harder uitvoer, maar voortaan seker maak hy is veilig binne die streng reëls daaroor.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Daar is nog vyf ligawedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) oor, maar die Leeus glo dat hulle in nog agt wedstryde kan speel as hulle ook die uitspeelrondes haal.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die veelsydige Aidon Davis, wat voorheen ’n losvoorspeler en slot vir die Cheetahs was het, sal die komende Curriebeker-reeks weer vir die Vrystaters beskikbaar wees.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Met die Olimpiese Spele wat Woensdag oor presies 100 dae in Parys begin, brom baie inwoners van die Franse hoofstad dat die Spele meestal vir hulle ’n ongerief sal wees.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die Bulle is in die pylvak van hul derde seisoen van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) steeds onoorwonne teen Europese teenstand op Loftus Versfel
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die Bulle wil soos Leinster wees. En die Stormers het sommer ’n man wat tot onlangs nog dié Ierse reus se uitvoerende hoof was op hul direksie aangestel.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle
Netwerk24 Sport(@Netwerk24Sport) 's Twitter Profile Photo

Die seun van Wallis se slot wat in 1995 op Ellispark katswink deur Kobus Wiese neergevel is, is een van die Ospreys-leenspelers wat by die Cheetahs aangesluit het.
netwerk24.com/netwerk24/spor…

account_circle